TOERBROERS
Overview
Min mense leef ooit hul droom en passie werklik uit, maar Andries Hendrik Potgieter en Wiaan Fourie, ook bekend as Toerbroers, het nĂ¡ jare se harde werk en toewyding uiteindelik by die punt gekom waar hulle elke oomblik van die dag besig is met dit wat hulle werklik gelukkig maak.
Toerbroers was lank in die sang- en modebedryf en het reeds baie wyd gereis. Maar vandag is hulle permanent betrokke by toerisme en natuurbewaring en veral die behoud en beskerming van bedreigde spesies.
Toerbroers bied nagenoeg 100 toere per jaar na plaaslike en internasionale bestemmings aan waar avonturiers en natuurliefhebbers saam met hulle eksotiese eilande, boskampe en bestemmings kan besoek waar hulle leeus, olifante, buffels, renosters, bokke en baie meer self sal kan sien.
Toerbroers is die oorhoofse agentskap maar daar is ook Toerbroers Kampus wat gaste en jongmense die geleentheid bied om meer oor die toerisme industrie te leer van kenners, sowel as Toerbroers Jag en Visvang wat op hengel- en jagpakkette fokus.
Die manne sit nie vir een oomblik stil nie en is ook eienaars van die Toerbroers Dagkliniek in Marloth Park en skryf gereeld artikels vir die Kruger Tydskrif.
PLAASLIKE TOERE
Renosterdae
Wees die verskil in 2022 en kom bottelvoer die renosterkalwe! Jy kan tien talle renosters teen stroping en honger beskerm deur saam Toerbroers die renosters te voer en te bedien. Jou voete in die veld bring baie waarde! Ons het dagbesoeke vir families en individue, akoestiese aande saam met Liezel Pieter, Moedersdag, Vadersdag en ande spesiale geleenthede. Verder bied ons ook vir skole die geleentheid om hulle leerders vir ‘n spesiale uitstappie te bring. Vanaf R900 per persoon wat vervoer vanaf Pretoria insluit.
Dop en Tjop Naweke met KWV
Die KWV Dop, tjop, kamp naweek is vir die hele gesin! Bring jou tent en spandeer ‘n naweek met ons renosters, slip en slide, boerewors en vele pret! Van slegs R1650 per persoon wat ook vervoer vanaf Pretoria insluit.
Jagluiperd Naweke
Kom kuier saam met Toerbroers tydens die gewilde Jagluiperd Naweek. Hele naweek vir slegs R3500 per persoon – 3 dae, 2 nagte, alle vervoer, etes en aktiwiteite ingesluit. Dit sluit in wildsritte, stap saam met wilde jagluiperde en ‘n bosstap.
Vonkeltoer met KWV Annabelle Sjampanje
Wil jy saam met Toerbroers kom vonkel in die Blyde Rivier Canyon en ook bedreigde spesies wat gerehabiliteer word van nader leer ken! Slegs R3600 per persoon vir hierdie onvergeetlike ervaring! Ons verskaf vervoer vanaf Pretoria, alle ontbyt en aandetes, 2 nagte verblyf, besoek aan verskillende spesies en ‘n sjampanje ontbyt by die Blyde Rivier.
Oppi-Trein
Oppi-Trein Kruger Naweek met Toerbroers! R5500 totaal per naweek pps! FORBES Internasionaal se beste bestemming en die Skukuza Safari Lodge Hotel – MET ETES ingesluit! 3 dae, 2 nagte, wat is dan nou beter?
Kruger Wildtuin Naweek
Wildtuin Liefhebbers!!! Kom spandeer ‘n naweek saam met ons op die oewer van die Krokkedil Rivier met lekker kos, kuier en die natuur! Kruger Nasionale Park, alles wat jy kan eet buffets swem en ontspan op die beste 5-stĂªr aanbieding! 3 Dae op die oewer van Sabi rivier in die hartjie van die Kruger Nasionale Park, Skukuza Safari Lodge Hotel. Cattle Baron Boma en aansit buffets. Slegs R2800 per persoon wat deel.
Toerbroers Kampus
Wou jy nog altyd meer leer van die toerisme bedryf en natuurbewaring? Jy kan nou met ons Toerbroers Kampus weke! Ons bied jou die unieke geleentheid om jou toerisme of natuurbewarings spesialisveld te identifiseer. Teen slegs R9 350 per persoon vir 7 dae by die Toerbroers Kampus, in die Groter Kruger.
Renoster Onthoring
Ons renosters kom altyd eerste, maar kom leer en ervaar saam ons! Ons moet renosters onthoring want die stropingsgetalle neem toe en ons wil hierdie natuurbewarings inisiatief met ons gaste deel! Ons besoek weer hierdie jaar die Noord-Wes (Sun City area) wat nie meer as ‘n uur en ‘n half vanaf Pretoria is nie. Jy kan talle renosters teen stroping beskerm deur saam met Toerbroers die renosters te onthoring – tot 4 renosters per dag! Slegs R1850 per persoon.
INTERNASIONALE TOERE
Thailand
Een van ons gewildste internasionale toere is Thailand. Ons gaan elke Maart, April en Oktober vir ‘n ongelooflike week van son, see en kuier! Die pakket sluit retoervlugte, verblyf met ontbyt, vervoer van en na die lughawe sowel as ‘n besoek aan James Bond eiland in.
Victoria Valle
Kom saam met ons na een van die wereld se grootste wonders – Victoria Valle! Dis nie ń toer nie, ons los jou en help jou om jou eie ding te doen, en is die hele tyd beskikbaar sou julle vasbrand of bystand nodig kry. Ons pakket sluit in retoervlugte vanaf Johannesburg, shuttles, 3 nagte bed en ontbyt, bootrit op die Zambesi Rivier.
3 Lande Toer
Die 3 lande toer is een van ons gewildste aanbiedings! Besoek saam met ons die Groter Kruger, Swaziland en Mosambiek vir ‘n onvergeetlike ervaring. Die koste beloop slegs R8500 per persoon wat deel. Dit sluit onder andere in; vervoer vanaf Pretoria, alle ontbyt en aandetes, alle park- en grensfooie, verblyf vir 6 nagte, besoek aan Swazi glasfabriek en Kersfabriek, stap saam met renosters, besoek Maputo en sy vismarkte en vele meer.
2 Lande Toer
Wie van julle wil bietjie van die Kruger Wildtuin en BAIE van Mosambiek wil beleef? Kom toer saam met Toerbroers vanaf slegs R7350 per persoon wat deel. Die 2 Lande toer sluit die volgende in:v ervoer vanaf Pretoria, alle ontbyt en aandetes, alle park- en grensfooie, verblyf vir 6 nagte, besoek Maputo en sy vismarkte sowel as die immer gewilde Kruger Wildtuin.
Zanzibar
Wat is nou beter as ‘n seevakansie in Junie terwyl almal op eie bodem koud kry? Geniet hierdie Junie-vakansie die warm waters van Zanzibar saam met Toerbroers! Direkte vlugte vanaf Johannesburg. Geen inenting benodig nie, net ‘n negatiewe PCR-toets. Ons maak weer so in Desember!
Botswana Visvang
Pak jou stokke en reis saam met ons na Botswana vir ‘n ongelooflike paar dae van visvang, natuurskoon en lekker pret! Jy hoef nie ‘n bobaars hengelaar te wees, ons wys jou hoe!
Egipte
Besoek die wonders van Egipte saam met Toerbroers in 2022. Meer inligting binnekort beskikbaar.
Ierland
Ierland is asem wegslaan mooi en Toerbroers gaan binnekort gaste na hierdie paradys neem.
Kontak Ons Kantoor vir Besprekings en Navrae:
Sya van der Walt-Potgieter
Check Availability
Contact Info
Available During These Times
-
Monday
08:00 - 17:00
- Tuesday
08:00 - 17:00- Wednesday
08:00 - 17:00- Thursday
08:00 - 17:00- Friday
08:00 - 17:00- Saturday Closed
- Sunday Closed
Map
Review
Write a ReviewThere are no reviews yet.
Leave a Review
- Tuesday